Posts

Showing posts from February, 2025

Die nuwe lewe (Woordfees inskrywing)

Image
  Toe die lig deur breek VDS Brink Die Suidoos huil en die duiwel se rookwolke hang oor Duiwelspiek, dit is Kaapse weer op sy ergste en sy skree, “Pieter waa’s jy? Word wakker man!” Pieter ruk bewend wakker op die stoep, “Jaa maa?” Sy skuifel by die deur uit, daar is nuwe blou kolle op haar arms en gesig, “Kry lewe en vat die vyftig rand en gaan koop ʼn brood by die Spar en jy bring elke sent terug!” “M-ma, het hy weer vir ma geslaan?” “Bly stil man, dit het niks met jou te doen nie.” Pieter trek stadig sy plakkies aan en stap uit die agterkamertjie om die huis van Oom Koos en Tannie Annie van Wyk. Hulle sit voor op die stoep en die wolke Rothmans hang oor hulle, “Hallo Pieter!”  Pieter knik net vir hulle en loop aan. Altyd as hy stap dan dink hy diep oor dinge, Pa wat net weggeraak het ʼn paar jaar gelede en al wat ma daarvan gesê het was, “Ek het wragtag nie meer tyd vir die dom ou in sy rystoel nie, die ters in Angola het sy bene afgeskiet. Hy sit net hier en le...