Posts

Die Wiel draai

Image
    Die geroeste Golfie ry stadig. Toe dit oor die bult kom, is die dorp uiteindelik daar, Carnarvon. Lienke trap op die briek en sug diep. “Is dit regtig nodig dat ek dit moet doen?” Sy byt op haar tande en ry stadig in die dorp in. Die eerste wat haar oog vang, is die “CAO”-nommerplate en die trane rol teen haar wange af. Sy ry stadig die dorp in, haar hart is gebreek toe sy kyk na haar ou skool en waar vriende en vyande gewoon het. Sy moet net doen wat sy moet doen, in by die Adelphi-koffiewinkel en verduur wat sekerlik gaan gebeur. Dis Vrydagoggend. Die tannies ontmoet daar vir hul weeklikse skindertyd. Sy stap in en kyk na haar voete. Almal kyk op. Tannie Ansie fluister. “Kyk daar, dis daai aaklige Lientjie. Wat maak sy nou hier?”   Lank gelede het Piet en Johan Smit op buurplase geboer, broers wat mekaar gehaat het. “Lienke, staan op! Dis al tienuur!” skree Piet. “Jaa, Pa, maar ek het niks om te doen nie.” “Jy moet my help om die skape in die stal ...

Die nuwe lewe (Woordfees inskrywing)

Image
  Toe die lig deur breek VDS Brink Die Suidoos huil en die duiwel se rookwolke hang oor Duiwelspiek, dit is Kaapse weer op sy ergste en sy skree, “Pieter waa’s jy? Word wakker man!” Pieter ruk bewend wakker op die stoep, “Jaa maa?” Sy skuifel by die deur uit, daar is nuwe blou kolle op haar arms en gesig, “Kry lewe en vat die vyftig rand en gaan koop ʼn brood by die Spar en jy bring elke sent terug!” “M-ma, het hy weer vir ma geslaan?” “Bly stil man, dit het niks met jou te doen nie.” Pieter trek stadig sy plakkies aan en stap uit die agterkamertjie om die huis van Oom Koos en Tannie Annie van Wyk. Hulle sit voor op die stoep en die wolke Rothmans hang oor hulle, “Hallo Pieter!”  Pieter knik net vir hulle en loop aan. Altyd as hy stap dan dink hy diep oor dinge, Pa wat net weggeraak het ʼn paar jaar gelede en al wat ma daarvan gesê het was, “Ek het wragtag nie meer tyd vir die dom ou in sy rystoel nie, die ters in Angola het sy bene afgeskiet. Hy sit net hier en le...

Vaarwel, maak die deur saggies toe

Image
Lank, lank gelede in die oorvol kinderhuis in die Laeveld het ʼn klein dogtertjie gebly, Laratjie. Elke nag as hulle koud kry dan pluk die ander haar komberse af en in die somer val die muskiete haar aan en met malaria weer en weer. Tannie Anna is die matrone en sy skree elke dag, “Lara kry jouself in rat, jy maak my lewe hel!” En toe sy in standerd ses is toe kom die nuwe juffrou Annemarie en sy vra dat Lara na die klas moet agterbly, “Lara, jy is die mooiste en slimste hier, ek en jy gaan rekeningkunde saam doen en jy gaan ʼn wenner wees!” Die jare gaan verby, die boelies hou net aan. Tog kom sy matriek deur en Juffrou huil en lag toe sy vir Lara vertel, “Lara jy is die BESTE, jy het ag A simbole!!! Die trane loop oor haar wange, “Juffrou, juffrou is ALLES vir my …” “Lara en Oom Koos by die Wimpy het aangebied dat jy daar kan werk, ek het ʼn kamertjie vir jou en ons twee gaan nou by Unisa aansoek doen dat jy BComm leer!”   Die jare gaan verby, sy kry die werk in Parow ...