Posts

Showing posts from August, 2024

Die nota lê langs die Voëlhokkie

Image
  Waarskuwing, sterk taal word hier en daar gebruik! “Klop, klop!!!” dis nou vroeg in die oggend en sy nog in haar pajamas, “Wat is dit nou?” Lara loer deur die geroeste sleutelgat en da ar staan daardie dikbek Piet ou wat by die hof werk. Bang maak sy die deur oop. “Juffrou Poggenpoel, hier is ‘n brief van die balju.”   Hy draai om, loop net weg en ry op sy fiets terug na sy werk toe. Bang skeur sy die koevert oop, “Mejuffrou Larëtte Annabelle Poggenpoel, neem hiermee kennis dat u die kamer wat u huur van Meneer Petrus Albertus Koekemoer binne ag en veertig uur sal moet verlaat as gevolg van vier maande se onbetaalde huur.” Sy sak op haar knieë, “Dis nie waar nie, ek betaal dat elke maand?” Sy loop bang werk toe, wat gaan Petrus nou doen?   “Lara, waars jy? Jy is al weer laat!” skree ou Petrus en kom hinkepink met sy kierie na haar toe. Sy huil en kyk net weg. Hy trek ‘n diep suig aan sy ou pyp vol Springbok twak, “Ek en Susan gee vir jou werk en die kamer ...

Speurder Valie se foon lui

Image
  Hy gee ʼn harde snork, dis middernag en styf teen hom lê Kasper Kat wat so lief vir hom is. Valie snork ʼn tweede keer toe gebeur dit, die ergste, sy foon lui! “Demmit, ek het nie die blêddie ding afgesit nie!” hy soek die lig skakelaar stamp die bottel Klippies om en dit loop alles op die mat uit, “Ja, wats dit?” “Oom Valie, dis Konstabel Sannie Jacobs van Ontvangs hier …” “Sannie, dis middernag wat nou weer?” “Oom ek kan nie slaap nie, weet oom wat het vandag in die kantoor gebeur toe die Meneer Fuchs weer op ons kom skree het?” Valie sug diep, hier kom groot moeilikheid ….   Dit was so ʼn jaar gelede toe roep Majoor Tsheko vir Valie na sy kantoor toe. “Sersant Valinde kom sit en luister nou mooi vir my!” Valie sug diep en strompel in die stoel in en kyk net vir sy tone. “Valie, jy is nou al amper op aftree ouderdom en ek is so bekommerd oor jou.” “Majoor, ek voel vere, dekades my self afgesloof en nou het die vark gekom en julle offisiere teen my kom op steek!” “Va...

En toe kraai die Haan (Woordfees inskrywing)

Image
  “Hy ’s dood!” skree Ruben deur haar venster, “Dis pa!”  Mia gil, “Wat! Waar?” “Hy lê net daar in die skuur, seker ʼn hartaanval!” Sy hardloop by die huis uit na die skuur toe, Ruben strompel agterna met sy groot maag en lomp bene. Die lyk lê skeef onder die John Deere, alles is verby … “ Maar Ruben hoe het hy hier gekom? Waar’s sy rystoel?” “E-e-ek weet nie, toe ek hier kom toe is hy net hier!” “Ek gaan die polisie bel, dis iets anders, hier’s ʼn helse fout!” skree sy op hom.   “Waag dit net, weet jy hoeveel twak gaan dit veroorsaak? Ek gaan hom nou terug stoot en in sy bed sit en vir dokter bel om te kom kyk en hom af te teken.” Mia hardloop huis toe en gryp die foon, sy draai die slinger oor en oor, “Sentrale, sentrale, waar’s jy?” Alles is grafstil, is die draad af? Ruben strompel in, “Waddehel doen jy? Is jy van jou kop af? As die polisie hier kom het ons groot moeilikheid. Pa het net dood in sy bed gelê, het jy my!”   Mia sit op die koppie en...

Die Lelike Eendjie (Woordfees inskrywing)

Image
  DIE LELIKE EENDJIE VDS Brink “Meraai!  Wakker word, jy is al weer laat!”   “Jaaa maaa!” Meraai staan vinnig op, skuifel met haar dik beentjies val-val oor die goed wat in die gang rond lê. Sy kyk in die spieël deur die ou goue raam brilletjie en kam haar hare. Die puisies op haar wange gloei in die kerslig. “Oom Piet is nou hier en hoe moet ek jou by die skool kry as jy hom elke dag laat wag?” “Jaa maa!” Sy voel die bangheid in haar wakker word en haar hand begin weer bewe. Oom Piet en die pad dorp toe ... Sy gaan staan voor die huis, die ryp lê spierwit en sy bewe van die koue. Die vuil Datsun bakkie kom om die draai. Sy klim in. “Hallo Meraaitjie Koekemoer, jy lyk weer pragtig vanmôre!” Meraai skuif sover moontlik van hom weg en sy linkerhand wat heeltyd op die rathefboom rus ... Sy sit haar tas in die ry neer en kyk na die dogters speelgrond. Groepies staan rond, maar sy gaan staan teen die draad en kyk na die son wat opkom. “Goeie môre klas,” sê Meneer...