Die Wiel draai
Die
geroeste Golfie ry stadig. Toe dit oor die bult kom, is die dorp uiteindelik
daar, Carnarvon. Lienke trap op die briek en sug diep. “Is dit regtig nodig dat
ek dit moet doen?”
Sy
byt op haar tande en ry stadig in die dorp in. Die eerste wat haar oog vang, is
die “CAO”-nommerplate en die trane rol teen haar wange af.
Sy ry
stadig die dorp in, haar hart is gebreek toe sy kyk na haar ou skool en waar
vriende en vyande gewoon het. Sy moet net doen wat sy moet doen, in by die
Adelphi-koffiewinkel en verduur wat sekerlik gaan gebeur.
Dis
Vrydagoggend. Die tannies ontmoet daar vir hul weeklikse skindertyd. Sy stap in
en kyk na haar voete. Almal kyk op. Tannie Ansie fluister. “Kyk daar, dis daai
aaklige Lientjie. Wat maak sy nou hier?”
Lank
gelede het Piet en Johan Smit op buurplase geboer, broers wat mekaar gehaat
het.
“Lienke,
staan op! Dis al tienuur!” skree Piet.
“Jaa,
Pa, maar ek het niks om te doen nie.”
“Jy
moet my help om die skape in die stal te kry. Kom nou, en gou ook!”
Sy
staan op, trek aan en loop na die stalle toe. Soos altyd vee sy haar trane af
toe sy weer op die klip lees. Johanna
Susanna Smit, 1 November 1972 – 15 Januarie 2021. Sy fluister. “Ai, Mamma,
hoekom is jy so vroeg weg?”
Sy
kom by die stal. Piet vat 'n lang sluk uit die blikkie in sy sak. “Lienke, kry
vir ons die ramme in daai hoek en die ooie hier, dat ons hulle kan inspuit. Kry
lewe, man!”
Dit
word aand. Piet braai weer. Die tweede bottel Klippies is amper leeg. Lienke
haal diep asem en loop stadig na hom toe. “Pappa, hoekom drink Pappa so baie?
Hoekom raas Pappa altyd op my?” Piet suig aan die Stuyvesant en kyk net weg.
“Asseblief
Pappa, ons kan nie so aangaan nie.”
Hy
gooi die sigaret in die vuur en die bottel stukkend teen 'n klip en stap stadig
na haar toe. Vir die eerste keer in jare hou hy haar styf vas. Hy ruk van die
snikke en sy trane drup op haar skouers. “My liewe Lienke, jy is 'n engel. Ek
mors met alles ...”
Piet
huil. “Dit was ons plaas. Ek en Oom Johan was nog kinders toe hy my geboelie
het. Hy was groot en sterk en drie jaar ouer. As Oupa Jan weg was, moes ek
wegkruip. Anders het hy my geslaan. Ouma was dood toe ek vier was. Toe besluit
Oupa dat Johan die groot plaas kry met die rivier en boorgate. Ek kry net
hierdie klein deel agter die koppie. 'Piet, jy is te dom om te boer. Ek vertrou
jou nie.'
Ek
en jou mamma het in die klein huisie sonder krag en water gebly en jou
grootgemaak. Jou neef Koos het ons kragdrade afgesny en die bakkie se taaiers
met 'n byl stukkend gekap. Ek het alles met jou verkeerd gedoen en was nooit 'n
pa vir jou nie.”
“Pappa,
kom ons vergeet van gister. Kom ons wees lief vir mekaar en verander alles.” Hulle
hou mekaar vas en vee trane af. Niks op Platfontein was ooit weer dieselfde
nie.
Tyd
gaan verby. Hulle maak vrede en word weer lief vir mekaar. Toe is hy ook oorlede
nadat hy met sy bakkie in ʼn gat net na die hek by oom Johan se grens hek gery
het en die bakkie het omgeslaan. Waar het die gat skielik vandaan gekom?
Die
mense van die kinderhuis in Beaufort-Wes het gekom. “Lienke, jy is in standerd
agt? Ons sal nou na jou kyk.”
Sy het darem matriek net net klaar
gemaak en begin werk by Beaufort se Spar. Sy wonder weer en weer, wat het van Platfontein
geword? Terwyl sy goed op die winkel rak pak kom daar ʼn man in ʼn swart pak
klere. “Is u Juffrou Smit?”
“J... ja, Meneer ...”
“Ek
is die balju van die streekshof. Hier is vir u 'n dokument om te lees en te
teken dat u dit verstaan het. Ek is oor vyf minute terug om dit te kom haal.”
Sy
maak dit bang oop. “Geagte Mejuffrou L. Smit, hiermee word u in kennis gestel
dat daar foute in die oordragrekords was en dat die plaas Platfontein deur u oupa
aan u neef, Meneer Jakobus Smit, bemaak is. Alle eienaarskap aan u word nietig
verklaar.”
Sy
praat met haarself. “Koos die vuil vark. Ek gaan hom bykom!”
Sy
word elke dag wakker met kwaad in haar. Hoe gaan sy Koos en Oom Johan
konfronteer oor wat hulle gedoen het? Sy besluit om verlof te vat en na
Carnarvon te ry en met die ou mense te praat. Iemand móét help.
Sy
stap in by die Adelphi-koffiewinkel, kyk weg van die tannies af en gaan sit
eenkant. 'n Tikkie op haar skouer. Sy kyk om, grys, vol plooie en 'n breë
glimlag. “Liewe Lienketjie, dis so mooi om jou weer te sien!”
Die
trane loop. “Oom Japie!”
Die
tannies fluister, maar Japie gee haar 'n drukkie. “My kind, dis goed om jou te
sien. Ek gaan elke week na jou pappa se graf. Hy was my grootste vriend. Ek is
jammer oor wat hy moes deurmaak.”
“Oom,
kom ons gaan sit in die park, weg van die tannies, dan vertel ek alles.”
Onder
die bloekomboom vertel sy vir amper 'n uur. Die pyn, die onreg, die verliese.
“Lienke,”
sê Japie, “Ek was vir dertig jaar die posmeester. Ek weet wat hier aangaan.
Pappa Piet was my grootste vriend. Ek is saam met jou in die stryd. Hulle sal
boet vir wat hulle gedoen het.”
“Wat
nou, Oom?”
“Laat
ek diep dink en jy kom oor ʼn week weer hierheen en dan maak ons saam ʼn plan,
hulle sal verniel word ek belowe jou!”.”
Dis ʼn
week later en Lienke kom weer in Carnarvon aan en wag vir Oom Japie by die bloekomboom,
sy is skaars daar toe kom hy brullend op sy Vespa daar aan. “Jy sal dit nie glo
nie. Ek het met die tannies by Adelphi gepraat. Hulle het planne. Kom!”
Opgewonde
spring sy agter op die Vespa en daar gaan hulle! Parkeer voor Adelphi sy kyk in
die truspieëltjie en druk haar verwaaide hare mooi plat. “Kom my kind, en hou
jou asem op.”
Binne
sit die tannies met hul rûe na die deur. “Goeie more, dames!” roep Japie. Hulle
glimlag. “Dis my voorreg om Lienke saam te bring. Sy gaan haar storie vertel.
Dan besluit ons saam hoe om te help.”
Lienke
huil. Tannie Susan staan op en hou haar styf vas. “Ons is aan jou kant. Vertel
ons alles. Ons gaan help, ek belowe.”
Lienke
kyk na haar voete en begin stadig die verhaal van verniel en uitbuiting deur
haar oom en sy familie op hulle. Mamma en papa se onverwagte dood en hoe hulle
nou die grond gesteel het.
Tannie
Herma steek haar hand op. “Susan, Dominee Alheit was die wonderwerk in ons lewens,
ek luister!”
“Erik het een mooi ding vir my agter
gelaat. ‘As twee olifante baklei bly net die vertrapte gras agter …’ om te
baklei beteken niks.”
Daar
is ʼn lang stilte en sy vertel verder. “Klein Koos en sy pa Johan moet seerkry
en leer, maar as alles verby is moet hulle ook ons vriende wees.”
Almal
bly stil, kyk na hul tone en Oom Japie kyk op. “Herma, sy is reg hulle moet
bloei en leer en dan moet ons vrede maak!”
Lienke
kyk net weg, in haar hart is net een
ding, wraak!
Die
tye loop aan, vreemde dinge gebeur by Knorfontein, ou Johan en Koos verstaan
dit nie. Oornag is daar ’n pragtige bos mooiste blomme op Tannie Angela se
graf. Koos draf daarheen en glo dit nie, op die mooi brief staan. Liewe Koos en
Johan, ek kyk elke dag af op julle en verlang vir julle, kyk mooi na julself en
help ander. Al my liefde, Mamma Angela.
Meer
briewe volg. “Ek sal julle help. Is julle met my? Groete xxx”
Koos
roep vir Johan. “Pa ek dink aan die verlede. Al die kwaad. Ons het dit op Piet
en Lienke uitgehaal.”
“Jy
is reg,” sê Johan. “Wat nou?”
'n
Nuwe brief. “UITNODIGING. Kom kuier saam in die Alheit.”
Hulle
stap bang daarheen. Die deur gaan oop. Kerse. Ballonne. Tannies lag. Tannie
Susan staan op. “Draai na die kombuisdeur.”
Lienke
stap in!
“Oom
Johan en Koos, om foute te maak is menslik. Om te vergewe is goddelik. Ons
vergewe julle.”
Johan.
“Lienke, jy is 'n engel. Geen woorde kan julle bedank nie.”
Koos
huil. “Ek is jammer. Ek vat julle hande. Ons gaan saam deur die sterre.”
Tien jaar later. Oom
Johan is oud. Lienke is getroud met die slim Eric Alheit jnr. Elsa, Koos se
vrou, laat almal lag. Knorfontein en Platfontein is nou een. Hul Merinos is beroemd
en word wêreldwyd verkoop vir miljoene.
So
draai die wiel — van haat na hoop, van kwaad na koninkryk. En onder die
bloekomboom skryf hulle nou nie net briewe nie, maar toekoms.

Comments
Post a Comment