Die nota lê langs die Voëlhokkie
Waarskuwing, sterk taal word hier en daar gebruik!
“Klop, klop!!!” dis nou vroeg in die oggend en sy nog in haar pajamas, “Wat is dit nou?”
Lara loer deur die geroeste
sleutelgat en daar staan daardie dikbek Piet ou wat by die hof werk. Bang maak
sy die deur oop.
“Juffrou Poggenpoel, hier is ‘n
brief van die balju.” Hy draai om, loop
net weg en ry op sy fiets terug na sy werk toe.
Bang skeur sy die koevert oop,
“Mejuffrou Larëtte Annabelle Poggenpoel, neem hiermee kennis dat u die kamer
wat u huur van Meneer Petrus Albertus Koekemoer binne ag en veertig uur sal
moet verlaat as gevolg van vier maande se onbetaalde huur.”
Sy sak op haar knieë, “Dis nie waar
nie, ek betaal dat elke maand?” Sy loop bang werk toe, wat gaan Petrus nou
doen?
“Lara, waars jy? Jy is al weer
laat!” skree ou Petrus en kom hinkepink met sy kierie na haar toe. Sy huil en
kyk net weg. Hy trek ‘n diep suig aan sy ou pyp vol Springbok twak, “Ek en
Susan gee vir jou werk en die kamer en jy donner weer alles op, jy is nou
afgedank en gee pad hier en gou ook!”
“Maar oom Petrus wat is dan
verkeerd?”
Hy draai net om en skuifel weg uit
die padstal waar sy al die laaste jaar werk sedert sy uit die skool is sonder
om eers standerd ag klaar te maak toe die weeshuis gesluit het.
Sy stap verlaas deur Petrus se
voëlhokkies, haar liefling plekkie. “Halloo, hoesit daar?” roep Jacob.
“My liewe Jacob ek is so lief vir
jou maar nou moet ek weggaan …” Jacob vlieg nader en kom land by haar voete, hy
kyk oor sy lang snawel hartseer op na haar, “Witborskraaie lief mense. Bly!”
Sy loop net weg met die trane oor
haar wange verby die duiwehokkie. Dis ou Petrus se gunsteling om sy duiwe vêr
weg te stuur en kompetisies te probeer wen. Pienka kom dikwels aangevlieg met
‘n papiertjie aan sy beentjie. Wat is dit? “Jacob, waar is Pienka dan vandag,
moet hy weer die resies probeer wen?”
“Pienka in lorrie!” Jacob kyk na die
horison, “Hy weggg!”
“Wat moet van my word?” sy vroetel
in die padstal en kry haar paar dingetjies by mekaar, “Waar gaan ek van
volgende week af bly?”
Sy dink oor wat die dierbare Tannie
Annemarie van die Spar winkel vir haar vertel het, “Lara wees baie versigtig
vir ou Petrus, hy dobbel en konkel met onheilige tipes. Posduiwe is hul smokkel
gereedskap!”
Dit help haar niks want sy het geen
ander heenkome. Petrus is baas en dis dit.
Haar paar dingetjies by die padstal
is in drie Spar sakkies gesit, sy stap stadig uit en kyk na die vuil plek waar
sy sewe dae per week vir amper niks moes bak en brou. Die son gaan amper onder,
nou gaan probeer slaap en more opstaan alles in haar ou koffer pak en dan net
uitloop, waarheen?
Sy stap uit na die straat, “Lekker!”
gil ou Petrus vanaf sy stoep oorkant die straat en vat weer ‘n diep suig aan ‘n
lang glas Klipdrif en Coke. Sy kyk net voor haar …
“Hoekom is hy vir my kwaad, wat het
ek dan verkeerd gedoen?”
Sy sluit haar toe in die kamertjie.
Sy probeer slaap maar niks gebeur nie, dit word middernag toe … ‘n harde skop
aan die deur, sy loer weer deur die sleutelgat, daar staan Petrus met twee
getatoeërde jong manne, hy skree, “Jou klein feeks, maak oop die donnerse deur
of ons gaan dit oop breek!”
Sy gryp haar skoene en spring
desperaat deur die badkamervenster en hardloop weg so vinnig sy kan. Die een ou
skree, “There she go!” Hy volg haar en kom al nader en nader …
Lara hardloop so vinnig sy kan maar
sy hoor die voetstappe agter haar, hy skree “Stop you bitch, I will kill you!”
Voor haar is die boomstomp wat sy
altyd op rus, sy spring oor dit en gaan aan, agter haar hoor sy ‘n wrede gil,
sy kyk vinnig om en lê hy daar op die stomp. Sy hardloop net aan terug in die
dorp tot daar voor haar die polisiekantoor, sy slaan aan die deur, “Help my,
help my!”
Die deur gaan oop en daar staan ‘n
dame met drie sterre op haar skouers, sy vat Lara se hande neem haar in en
sluit die deur. “Dame, ek is kaptein Annemarie Prinsloo, sluk hierdie water,
wees doodstil en dink diep. Ek kom nou nou terug en dan vertel jy my alles …”
Lara hou haar kop vas en die trane
loop oor haar wange, sy huil en huil oor die wreedheid van die lewe. Die deur
gaan saggies oop en die kaptein kom sit langs haar, sy neem haar hande en vee
haar trane af, “Vertel my alles …”
Lara vertel van haar lewe in die
Koppersdal Kinderhuis, die boelies daar en toe sy agtien word was daar niks
meer nie. Petrus en sy vrou Sannie het aangebied om vir haar werk en verblyf te
gee en die kinderhuis bestuur keur dit goed. Toe net nagmerries, sy werk dag en
nag, was en vee. Geen vriende net alleen.
“Nou liewe Lara wat was vir jou
lekker?”
“Kaptein …”
“Vir jou is ek nie kaptein nie, ek
is Annemarie!”
“Uh, uh … Annemarie my heerlikste
was om met die voëltjies te speel. Toe leer ek vir ou Jacob om te praat want ‘n
kraai praat so mooi! ‘n Vreemde ding was die posduiwe en Pienka wat gereeld
weggeneem word en dan terug vlieg met ‘n briefie aan sy been!”
“Lara, gaan rus in my kantoor, as my
skof ses uur verby is kom jy saam met my huis toe ons maak ‘n plan."
Die son kom op en hulle stap oor die
straat na Annemarie se huis waar sy alleen bly. “Lara trek voorlopig hier in
die spaarkamer in. Ons stap oor na Tannie Annemarie as sy oopmaak en kry vir
jou wat jy nog het. Dan as ons terug is kom speurdersersant Valie en jy vertel
hom alles, hier sal ons moet optree en gou ook!”
Hulle is terug, en sersant Valie kom
in. Hy vryf bang oor sy grys baard. Annemarie bly eers stil, “Lara en Valie,
julle weet nou van mekaar, vertel meer oor wat daar gebeur het?”
Lara vertel en Valie vra, “So die
posduif word gereeld weggeneem en kom met ‘n brief aan sy been terug? Ons moet
dit in die hande kry maar hoe?”
“Oom Valie, jy sal my nou nie glo
nie, maar ou Jacob die kraai vertel altyd vir my wanneer Pienka terug is. Ons
moet net naby die hokke wees.’
“Kraai wat jou vertel?” Hy skud
sy kop, “Na het ek alles gehoor! Reg so en tot hoe laat slaap die Koekemoers?”
Lara dink diep, “Hulle kuier en
braai laat saans en raas. En daar soggens langs braaiplek ‘n klomp Klipdrif
bottels wat rond lê.”
Valie spring op, “Ek het ‘n plan,
ons kruip in die kaal erf agter hulle elke oggend weg en jy roep vir Jacob, reg
so?”
Drie later later sit hulle weer
agter die bloekomboom en Lara roep gereeld, “Jacob!!!” Niks gebeur nie. Toe
skielik kom hy aangevlieg en kom sit op haar skoot. “Hellous Lara!”
“Jacob, is Pienka terug?”
“Pienka hier!”
Valie vlieg op, “Kom Lara!” sy loop
in sy skaduwee, hulle klim oor die stukkende heining en loop by die duiwehokke
in, daar sit Pienka weer met ‘n brief aan sy been!
Majoor Van Wyk van Forensies kom in,
die hele stasie se personeel wag vir hom. Lara kruip weg in die hoek. Kaptein
Annemarie staan op, “Liewe stasie bemanning, ons het ‘n groot afkondiging om te
maak, Majoor vertel ons wat julle uitgevind het?”
“Dit was die vreemste ding wat nog
in my loopbaan gebeur het. Aan die duif se been het Sersant Valie die brief
afgehaal en ons het daarna gekyk. Dit is duidelik ‘n poging om boodskappe te
stuur en die kuber krakers te vermy.”
Hy haal ‘n groot papier uit. “Hier
is ‘n kopie van dit en op dit is sulke vreemde Arabiese woorde. Ek het toe vir
Google Translate gevra om dit vir my te vertaal en toe dit, ‘We need blond girl
less than twenty years old, if you deliver it another fifty thousand dollars
will be paid into your account in Saudi Arabia.”
Almal word stil hulle kyk vir Lara
en knik vir haar, hulle is so trots op haar en hulle kollegas!
Dit is Saterdag, op die voorblaaie
van Die Burger, Son, Times en Argus, “Menshandel blootgestel!” Dan begin die
berigte met, “Gister in die Bellville Landroshof het Petrus Koekemoer (74),
Susanna Koekemoer (72), Saliem Mustaan (19) en Mohammed Kassat (23) verskyn op
meer as twintig klagtes van menshandel. Die saak is vir twee maande uitgestel,
hulle kry geen borgtog.”
Kraaie praat mooi en kan ‘n dosyn of
so woorde praat. Microsoft Image Creator gebruik vir die afskop prent. Matty de
Greeff vir sy rekenaar ondersteuning. Die Durbanville Skrywersgroep wat die
skrywersblok saam beveg!

Comments
Post a Comment